Welkom by Ainos Kleuterskool
Welkom by Ainos Kleuterskool
Ainos is die waar word van 'n droom om 'n plek vir kinders te skep waar Christelike beginsels, liefde en veilig wees die primêre doel is.
Ainos funksioneer op 'n klein groep beginsel. 'n Gemiddeld van 18 kinders per klas verseker dat ons aan elkeen aandag kan gee. Ons floreer op goeie verhoudings met ons ouers en is waarlik intiem betrokke by elke kind.
Ek wil graag dink aan Ainos as die huis weg van die huis.
Kenmerke van ons skool:
- Skool 6 jaar oud
- Bied vele buitemuurse aktiwiteite
- Kleuters word met liefde en respek hanteer
- Ons skool staan vir Christelike en gedissiplineerde opvoeding
- Elke kleuter is vir ons belangrik en word tot sy volle potensiaal ontwikkel
- Uitstaande higiëniese standaarde word toegepas
- kleuters blom in 'n rustige en liefdevolle omgewing
- Gebalanseerde middagete word voorsien met vrugte en broodjies vir 'snack' in middag
- Baie goeie stimulasie programme word aangebied en word jaarliks opgedateer
Naskool open 12 April 2010
- Vervoer van en na aktiwiteite
- Gebalanseerde middagete met versnaperings
- Persoonlike aandag
- Konstante toesig oor huiswerk
- Vakansie program
- Kinders word met liefde en dissipline versorg
Baie liefde
Ainos Span
Last Updated (Friday, 23 April 2010 07:18)



